Cell C Internet

5 stars
(0)
4 stars
(0)
3 stars
(0)
2 stars
(0)
1 stars
(1)
Category: Services

Contact Information
South Africa

Cell C Internet Reviews

dk9 March 13, 2011
VERY VERY VERY BAD SERVICE
Op 18 Desember 2011 het my vrou ‘n Cell C kontrak uitgeneem vir internet. Met die konstrak kry jy 2gig internet data teen ‘n betaling van R149p/m (volgens die advertensies in tydskrifte, koerante en op TV) My vrou het ‘n telefoniese gesprek gehad met die inbeldiens en die kontrak telefonies aangegaan. Die persoon aan die ander kant het die termes en voorwaardes oor die foon aan haar voorgelees.
Op 30 Desember 2010 het ons “flash drive modem” gearriveer en het ek begin om internet te gebruik op 31 Desember 2010. Op die het my internet opgehou werk. Ek het Cell C gebel om te hoor wat fout is en ek is meegedeel dat ek nie met hulle kan praat nie aangesien dit my vrou se rekening is. Sy het het hulle toe van die werk af gebel en daar is toe uitgevind dat Cell C se diens af is vir die dag. Sy het toe ook sommer my naam opgesit op hul stelsel sodat ek ook kan bel indien daar enige navrae is.
Op 21 Januarie 2011 het my internet weer afgegaan. Ek het weer gebel en gevra wat aangaan, weer is ek meegedeel dat ek nie met hulle mag praat nie en op navraag is dit gevind dat my naam wel deur my vrou opgegee is as iemand wat mag bel, maar nog steeds wou hulle nie met my praat nie. My vrou het toe geb el en daar word toe aan haar gese dat die rekening opgehef is aangesien die totale rekening al reeds R1400 beloop. Sy se toe dat dit onmoontlik is aangesien ons dan ons R149p/m betaal en kry 2gig. Daar word toe gese dat dit “uncapped” is en dit stop nie by 2gig nie. Ek praat toe ook met hulle en vra maar waarom stop hulle dit nie by 2gig nie, aangesien dit mos al is waarvoor ek betaal, hulle se toe dat dit nie hulle plig is om my gebruik van data te monitor nie, dis my eie plig. Daar word toe ook gese dat my internet nie weer geaktiveer gaan word voordat ek nie die R150 vir die maand, sowel as die helfte van R1400 betaal het nie. Ek het toe besluit om dit verder te vat. My vrou het toe die 25ste Januarie 2011 na Cell C gebel en klagte gele, dat ons ongelukkig is oor die bedrag wat ons skuld aangesien daar nie vir ons gese is dat die “uncapped” is nie en omdat die advertensie misleidend is want daarop se hulle jykry 2gig vir R149p/m. Ons het ‘n mail gekry wat se die klagte is ontvang, sal aandag kry en daar sal spoedig moontlik na ons terggekom word. Toe my vrou met hulle praat het die vrou aan die ander kant haar meegedeel dat hulle talle klagtes kry oor dieselfde ding.
Daardie week is ek na die Cell C winkel in die Garden Route mall in George en met daardie mense gepraat. Ek is toe meegedeel (nie amptelik) om die kontrak te stop omdat dit nie op skrif gestel was dat daar ‘n kontrak is nie. Verder kon hulle my nie help nie want hulle kan nie met die mense by die inbeldiens praat nie en ek mag ook nie.
Paar dae later is ek en my vrou na die Cell C winkel omdat ons nog niks terugvoer van die inbeldiens gekry het nie.By die winkel is aan ons gese dat die dame in die winkel die Dinsdagdag sal bel om te hoor hoe ver daar gevorder is met ons klagte. Sy kon nie daardie dag of die Maandag bel nie aangesien Cell C aflyn is en niemand kan enige Cell C internet gebruik nie, tot die Dinsdag of Woensdag toe. (pateties as jy my vra) Sy sou ons die Dinsdag of Woensdag bel met ‘n antwoord. Die Sondag het ons nog niks gehoor en is ons weer na die winkel, waar ons meegedeel is dat sy wel gebel het maar dat hulle se ons het nie ‘n keuse nie, ons moet maar net betaal want ons het die data gebruik.
My vrou het toe weer gebel om navraag te doen, maar kon nie gehelp word nie, word elke keer na ander afdeling deurgesit tot die foon doodgaan.
Op die 18 Februarie 2011 het ons ‘n rekening gekry met die balans R1634-00 wat betaalbaar is op die 28ste Februarie 2011. Ons het die geld geleen en in die rekening geplaas sodat die geld kan afgaan wanneer die debietorder deurgaan, wat toe ook so gebeur het. Op Dinsdag 1Maart 2011 is die geld uit my vrou se rekening getrek deur Cell C. Ek het by die huis gekom met die idée my internet is aan want die VOLLE bedrag is mos betaal, maar nee, geen internet. Ek het gedink om dit kans te gee tot die 2de. My vrou het intussen weer Cell C gebel om ons kontrak te kanselleer, aangesien ons op hierdie stadium nog steeds GEEN terugvoer van ENIGE van die klagtes gekry het nie, selfs nie eens van die een wat op die 25ste Januarie 2011 gele is nie. Sy het toe ‘n e-pos gestuur aan die CEO van Cell C.
Die middag van 2 Maart 2011 het ek by die huis gekom en gedink my internet gaan aan wees, maar nog steeds niks nie. Ek en my vrou het nadat sy van die werk af gekom het, om 17:00 na die Mall gery en by die Cell C winkel ingegaan. Ek het daarop aangedring dat hulle Cell C bel en dat ek met hulle wil praat. Na 15 minute se aanhou is ons deur na hulle en het my vrou eers gepraat en toe het ek die gesprek oorgevat. Terwyl ek praat het die foon doodgegaan (soos TALLE ander kere die geval was) Die dame by die winkel het weer probeer, maar na 20 minute se aanhou tou opgegooi. Ons is toe daar weg, nog steeds sonder antwoord en sonder enige hulp. My internet is nog steeds nie aktief nie, hoewel die rekening ten volle en op datum betaal is (hoewel dit NOOIT af moes gewees het nie).

My probleme met hierdie hele aangeleentheid is as volg:
1. Hulle adverteer die pakket as R149p/m en in ruil daarvoor kry jy 2gig vir die maand! Maar inderwaarheid is dit uncapped, so jy kry meer as waarvoor jy vra (sonder dat jy weet) en moet op die einde van die dag maar net betaal. Kom dit nie neer op vals advertensie nie? (onder aan my rekening, die volgende advertensie, en ek haal aan: “South Africa’s fastest mobile internet from Cell C from as little as 6c per MB. Get 24GB of data a year on contract for only R149 x 12months.”) Maar as jy data oor die 2gig gaan, dan betaal jy 32c per MB!!!
2. Op navraag word gese hulle monitor nie mense se rekening nie, dis jou eie problem hoeveel jy gebruik. Maar tog stop hulle my rekening toe dit by R1400 kom en toe ek vra hoekom, se hulle dat hulle nie kan toelaat dat dit te veel raak nie. Nou vra ek, monitor hulle nou die rekening of nie? Vir my lyk dit hulle monitor dit nie daar waar hulle nog nie geld maak nie, maar as hulle sien hulle het nou paar rand uit jou gemaak, dan monitor hulle dit skielik, want hulle is bang dis te veel en jy betaal nie die rekening nie. Hulle se dan dis uncapped, waarom word ek nie toegelaat om dan vir die hele maand lank my internet te gebruik nie? As dit uncapped is, moet ek mos toegelaat word om te gebruik soveel as wat EK wil??? Vir my lyk dit na ‘n verskuilde agenda as dit nie gemonitor word op R149 nie maar eers wanneer hulle reeds klomp geld uit jou gemaak het.
3. My rekening word opgeskort omdat ek klomp geld “skuld”. Hulle se dan dis uncapped, dan kan hulle dit mos nie doen, ek is mos dan geregtig om te gebruik soveel as wat ek wil. Dan se hulle ek sal eers weer internet he wanneer ek hierdie rekening betaal. Die betaaldatum van hierdie spesifieke gebruik van data vir Januarie, is eers betaalbaar 28 Februarie. Ek word dus gepenaliseer vir ‘n rekening wat “nie betaal is nie” maar eers oor meer as ‘n maand betaalbaar is. Is dit reg???? Ek was mos nerens agterstallig nie. So vir my lyk dit hierdie mense kan sommer nou enige tyd jou UNCAPPED rekening op hou sit, tot jy oor twee maand jou rekening betaal, en intussen het jy nie internet nie, soos wat nou met my die geval is, ek sit al sonder internet van die 21ste Januarie af hoewel my rekening van daardie maand eers betaalbaar was die 28ste Februarie. Hoe ek dit sien moes hulle mos eers my rekening op hou gesit het, die 1ste Maart, as ek nie betaal nie, nie lank voordat dit betaalbaar is nie.
4. As jy die R150p/m vir 2gig opsie vat, dan is dit uncapped. Dus laat hulle vir jou die opening om oor die 2gig te gaan en omdat hulle maandeliks die debietorder self vat, weet hulle jy moet maar betaal, of jy geweet het van die uncapped of nie. Maar as jy die eenmalige R1500 vir 2gig p/m opsie vat, dan is dit capped en kan jy net 2gig gebruik dan is jou data klaar, want hulle weet hulle kan nie nog iets uit jou uitkry nie, want jou kontrak is vooraf betaal en op geen manier kan hulle nog geld uit jou uitkry nie. Ek wonder of dit toeval is??
5. Ek het in my lewe nog nooit sulke swak diens van ENIGE instansie gesien nie!! Dit is absoluut pateties. Ek kan nie eens dink hoeveel onkostes ons aangegaan het om hierdie problem uit te sorteer nie nie. Jy word van een persoon na adner deurgeskakel en die een weet minder as die vorige een en die foon gaan 90% van die kere sommer net dood, dan moet jy weer inbel, maar kom nie by dieselfde persoon uit nie en moet voor begin met die storie. En dit vir niks, want nog steed is ons enigiets wyser, of die problem opgelos nie!
Al wat ons nou wil he is om hierdie huidige kontrak te kanselleer sonder enige verder betalings of enige boetes of verdere haakplekke, en in ruil daarvoor sal ek die ander Cell C internet opsie neem, waar jy R1500 eenmalig betaal en dan kry jy 2gig (capped) elke maand. Eintlik wil ek NIKS meer met Cell C te doen he nie, maar ongelukkig is hulle die enigste wireless internet diens op kontrak met vinnige spoed en ongelukkig word ek daardeur genoodsaak om weer van hul diens gebruik te maak, anders sou ek ‘n ander maatskappy gebruik het.

Write a Review for Cell C Internet

Rate it!
Review Title
You Review
Image
Type the numbers shown

RECENTLY UPDATED REVIEWS

Taxi To Heathrow & Heathrow Taxi Transfers
Chapter 7 Bankruptcy
Ride and Shine Detail
old ironsides fake id
Digital Marketing and Company Formation Services UAE | SEO and PPC Marketing
Escort ladyluck Frankfurt
Bulk SMS Gateway in UAE | Best Bulk SMS Service In UAE

REQUESTED REVIEWS

REVIEWS BY CATEGORY